
Die News het onlangs die skokkende storie vertel van twee plaaslike gesinne wie se geliefdes amper in die verkeerde dubbelgraf begrawe is.
In die eerste voorval het die familie vinnig genoeg agtergekom dat die verkeerde graf oopgegrou is en kon hulle wag terwyl die fout reggestel word. Nietemin was dit steeds ‘n traumatiese ervaring vir hulle.
Lees die oorspronklike artikel hier:
https://www.citizen.co.za/krugersdorp-news/375847/donderdag-familie-ontsteld-nadat-broer-amper-ind-ie-verkeerde-graf-begrawe-is/
Mogale City Plaaslike Munisipaliteit het na daardie artikel terugvoer gegee en laat weet dat hulle 1 500 begrafnisse per jaar by die spesifieke begraafplaas behartig. Voorvalle soos dié maak maar twee persent van hul data per jaar uit. Hulle het bygevoeg dat hul seker is hul grafrekords is 98 persent akkuraat.
Maar nie eers twee weke later het nog ‘n gesin na vore gekom met dieselfde storie. Hulle moes die volgende dag teruggaan om hul pa se kis te skuif na die regte graf. Die munisipaliteit het ook terugvoer gelewer op hiérdie voorval.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/krugersdorp-news/377281/naweek-graffiasko-nog-n-familie-vertel-van-hartseer-geval/
In ‘n verklaring wat hul aan die koerant gestuur het sê hulle dat hul dokumentasie wys dat die oorspronklike oorledene in graf E11 begrawe is en dat hul werkers dus daardie graf oopgemaak het.
Die familie het egter bevestig dat hul ma in graf E12 begrawe is en hulle het ook ‘n grafsteen daar laat oprig.
Die munisipaliteit het probeer om die gesin te besoek maar is gevra om later terug te kom en kon ongelukkig dit nie doen nie. Hulle sê dat hulle egter sal probeer om met die familie in aanraking te kom om te verseker dat graf E12 nie verdere verwarring sal skep nie.
Kommentaar op sosiale media:


