Bejaardes geniet ‘n Paasfees ete
Die Toyota Fanatics het bymekaar gekom om die bejaardes se naweek op te kikker met 'n lekker kerrie en rys ete en Paaseiers.
Inwoners van die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes is deur die Toyota Fanatics verras toe hulle daar opgedaag het vir ‘n Paasfees ete.

Die Toyota Fanatics is nog ‘n jong inisiatief, maar is reeds besig om uit te help by talle organisasies aan die Wes-Rand. Die idee was om Toyota-aanhangers bymekaar te bring om donasies vir allerhande organisasies in te samel. So het hulle met die idee gekom om ‘n plakker te ontwerp wat mense op hul motors kan plak, of dit nou ‘n Toyota is, of nie. Die gewone plakkers kos slegs R15, en die gel-plakkers is R30. Die winste gaan gebêre word totdat hulle genoeg het om ‘n organisasie te ondersteun, of om ‘n lekker dag te reël vir bejaardes of minderbevoorregtes.

Die groep, in samewerking met die WAS Foundation (We’re Against Starvation) het onlangs ‘n maaltyd voorberei by die sentrum en Paaseiers uitgedeel.
Die bejaardes het die aandag en kuier verskriklik geniet.

