Local newsNews

[FOTO’s] Dit was #Straatbraai-tyd in Breaunanda

Die Jacaranda FM #Straatbraai in Breaunanda was 'n reuse sukses.

Dit was Jacaranda FM se Scenic Drive-span se vierde #Straatbraai vir die jaar en al moes dit die Roodepoort #Straatbraai wees, het die Krugersdorpers nie teleurgestel nie.

Die plan was oorspronklik dat die span in Roodepoort gaan kuier, maar die City of Joburg-munisipaliteit het nie toestemming gegee dat ‘n braai in ‘n straat gehou mag word nie.

Mogale City Plaaslike Munisipaliteit het egter ingespring en aangebied om die braai so ‘n paar meter duskant die Roodepoort-grens in Breaunanda, Krugersdorp te hou.

Donderdag om 4nm op 18 April was daar reeds talle mense wat met hul koelbokse, stoele en vleis reg was vir ‘n lekker kuier in Minimalaan.

Teen 5nm het die straat begin voller raak en die bekende sanger Jo Black het ook kom oë wys. Hy het vertel van sy volgende vertoning en gesê dat dit is hoe elke braai eintlik moet lyk.

Rian het aan die News vertel dat dit sy tweede braai in Krugersdorp was en dat die vorige een ‘wild’ was. Hy het gesê dat Krugersdorpers kuiermense is en dat dit altyd lekker is om terug te kom, veral na die Wes-Rand toe waar hy tuis voel.

Teen 6nm was die vure reeds warm en het die braaigeure al deur die straat getrek.

Om na nog foto’s te kyk, kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button