MunicipalNews

#Imademymark – Eendag gaan hulle stemme ook tel

Wanneer jy stem, maak seker jy vergeet nie waarvoor ons stem nie.

Die tyd raak nou baie min en die verkiesing begin oor minder as 24 uur.

Terwyl jy besluit by wie se naam jy jou kruisie gaan trek, moet jy nie vergeet waarvoor ons stem nie.

Die News het by Laerskool Protearif ‘n draai gaan maak om ‘n bietjie met die stemmers van die toekoms te gesels.

Ethan Henning, Maraka Kgare en Ava Barendse wys dat hulle vir ‘n goeie toekoms vir Suid-Afrika stem.
Foto: Natasha Pretorius.

Ons het vir graadeentjie Maraka Kgare gevra wie die land se President is en al kon sy maatjies hom nie help nie het hy op die ou einde besluit dat Mr Mdoda die President is.

Ava Barendse, ‘n ander Graad 1-leerder het geweet waarvoor ons almal op 8 Mei stem en het luidkeels uitgeskree dat “ons stem vir wie ons President gaan wees en wie die mense is wat na ons land gaan kyk”.

Wanneer hulle die geleentheid gegee sou word om President te wees, sal Ethan Henning meer parkies laat bou, terwyl Ava sal seker maak elke Suid-Afrikaner ‘n swembad het. Maraka het vertel dat hy meer mense sal kry om skape op te pas.

Dit maak dus nie saak vir wie jy stem nie, onthou net dat ons vir ons toekoms en dié van ons kinders stem.

Onthou ook om ‘n foto van waar jy gestem het op ons sosialemedia-blaaie te plaas, met die hutsmerk #Imademymark daarby!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button