MunicipalNews

#Imademymark — ‘Ek sien uit na die verkiesing’

Ons skuld dit aan mekaar en ons skuld dit aan ons land. Ons skuld dit aan ons kinders, kleinkinders en ons nageslag om te stem.

“Ons het binnekort die groot voorreg om aan die sesde algemene demokratiese verkiesing sedert ons onafhanklikheidswording in 1994 deel te neem.

Dit is my beskouing dat dit ‘n groot voorreg is en dat mens dit nie moet miskyk of sommer net verontagsaam nie, veral in die lig daarvan dat miljoene Suid-Afrikaners vir ‘n baie groot deel van die geskiedenis van hierdie voorreg uitgesluit was.

Net om ook ‘n mens se respek en waardering te betoon vir hierdie nuwe bestel dink ek dat ‘n mens die verantwoordelikheid het om deel te neem aan die stemming. Daar word baie gesê ‘ja maar wat help my stem nou? Dis net een stem.’ Nee, God het aan jou ‘n stem gegee, en daardie stem het iets met jou eie menswees en persoonlikheid te doen.

Dit is jou eie drome wat in jou eie stem weggebêre is; die drome wat jy droom vir jouself, vir jou kinders, vir die toekoms en des meer. Om weg te bly van die stembus af is om die geleentheid wat jy het om by te dra tot ‘n gesonder en beter Suid-Afrika weg te gooi.

As Christene het ons nodig om te bid vir ‘n goeie, veilige en God-verheerlikende stemming en uitslag dat dit vir Suid Afrika ook iets goed sal beteken.” — Dominee Jannie Pelser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button