Maak jou bolla los en kom geniet die oggend saam met die Cradle of Hope
Die Cradle of Hope bied op 25 Mei hul damesoggend aan en almal is welkom om hulle te ondersteun.
Die Cradle of Hope, ‘n veilige hawe vir kwesbare vroue met kinders, se fondsinsameling damesoggend is net om die draai en kaartjies is nou beskikbaar.
Op 25 Mei sal die aktrises Corine du Toit en Sandra Vaughn saam kom kuier om as gassprekers op te tree.
Kaartjies is R165 per persoon en daar is steeds tafels beskikbaar vir gassvrouens.
Die oggend sal om 10vm by die NG Gemeente Suiderlig Ouditorium, hoek van Gould- en Herbertstraat, begin en sal omtrent 1nm klaar maak.
Gelde gaan aan die huis van veiligheid om mammas en kinders in nood te help. Maak dus jou bolla los en ontspan!
Kontak vir Elmarie by 082 414 9765 om jou tafel te bespreek of om kaartjies te koop.

