Local newsNews

Nuwe sentrum help kinders met moeilike situasies

Die sentrum gebruik speletjies om kinders te help om moeilike situasies te hanteer.

Minette Janse van Rensburg glo dat kinders in so ‘n geval hulp van buite moet kry. Hulle het ‘n plek nodig waar hulle kan praat, speel en leer hoe om hul probleme te verwerk.

Die Cornel Bekker Selfontwikkelingsentrum wat onlangs hul deure vir die publiek oopgemaak het, het uit hierdie behoefte ontstaan.

Die Cornel Bekker Selfontwikkelingsentrum se deure is oop. Foto: Jaco Human.

Die sentrum mik daarna om aan jong kinders die vaardighede te gee om alle probleme en moeilike situasies in hulle lewens op die regte manier te hanteer.

Die kinders kan die sentrum vir sowat vier sessies besoek waar hulle met opgeleide beraders kan gesels. Die sentrum pak groot kwessies aan soos afknouery, woede, angs en egskeiding. Behalwe vir gesels kan die kinders tafelspeletjies speel wat op spesifieke probleme gerig is. Dit is ‘n prettige manier om elkeen se probleme te identifiseer, te analiseer en om te leer hoe om metodes te kies om die probleem heeltemal op te los.

In een vertrek is ‘n speletjie waar die speler ‘n kaart optel met ‘n probleem op. Die speler tel dan ander kaarte op waarop daar oplossings is. So word die kaarte gebruik om ‘n brug oor ‘n rivier te bou, en die probleemkaarte word in die ‘rivier’ gegooi omdat die probleem nou opgelos is.

Daar is ook drie ander kamers, elkeen met ‘n speletjie wat fokus op ‘n ander probleem. Daar is een om boelies te hanteer, ‘n ander leer om woede te beheer deur nuttige advies aan ‘Fred’ te bied, en wat help dan so om angs te verlig.

Die sentrum se sukses word gemeet aan hul missie, en hulle beplan reeds om later uit te brei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button