Laerskool Krugersdorp-Noord se leerders weet iets van goeie musiek maak. Dit is nou al tradisie by die skool, en musiek het so deel geword van hul kultuur dat mens die een skaars sonder die ander kan voorstel. Elke jaar is daar ‘n paar vars gesigte in die skool se eie Nories se Beat-orkes wat gereeld gehore vanoor Gauteng vermaak en dikwels talle kompetisies wen.
Hierdie jaar se groep bestaan uit 10 Nories van Graad 4 tot 7 wat elkeen ‘n instrument bespeel – van klavier tot trom tot kitaar. Hierdie groep het onlangs goed presteer in die afdeling vir gemengde instrumentale ensembles tydens die National Eisteddfod Academy se kompetisie wat by Hoërskool Noordheuwel aangebied is. Nories se Beat-orkes het met ‘n A+ sertifikaat weggestap..

