NewsSchools

Monnas se mooistes gekroon tydens glansaand

Monnas, Mej Monnas, Monument Hoƫrskool, mej persoonlikheid, mej fotogenies.

Die koppe het behoorlik gedraai tydens hierdie jaar se Mej Monnas-kompetisie.

Die saal was pragtig versier en teen 5.30nm op 25 Julie was daar nie meer plek vir ‘n muis nie. Die mense was opgewonde om die beoordelaars en die aanbieder te ontmoet maar toe die musiek begin speel het, het die gehoor in die Martin Brinck Saal tjoepstil geraak terwyl die verhoog betower is deur al die deelnemers.

Hierdie jaar se tema was Egipte en die junior- en seniormeisies het ‘n besonderse Egiptiese dans as groep uitgevoer voordat elkeen die geleentheid gekry het om die loopplank aan te durf.

Al het almal soos wenners gelyk, kon daar egter net een wees. Vanjaar se Mej Monnas Senior is Celeste Rautenbach. Haar eerste prinses is Marietjie Visser en tweede prinses Melista van Dyk.

Larissa Klopper is as Mej Monnas Junior aangewys en Uzaan du Toit en Jolize Joubert is onderskeidelik as die eerste en tweede prinses aangewys.

Clerisse Bergg is as Mej Persoonlikheid Junior aangewys en Caitlyn Labuschagne as Mej Persoonlikheid Senior.

Marietjie Visser en Kylee Labuschagne maak beslis die mooiste kiekies en hulle is onderskeidelik as Mejuffrou Fotogenies Senior en Mejuffrou Fotogenies Junior aangewys.

Die laaste skoonheid wat die aand as titelhouer aangewys is, is Dominique dos Ramos wat as Mej Debutant weggestap het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button