NewsSchools

#WeRead – Nories staan bankvas agter Nasionale Boekweek

Laerskool Krugersdorp-Noord het hope boeke binne twee weke ingesamel om dié te help wat nie altyd toegang tot boeke het nie.

Na ‘n maand van voorbereiding hier by die News as deel van ‘n nasionale Caxton Cares-projek, is Nasionale Boekweek uiteindelik hier.

As deel van die News se poging om meer mense toegang tot leesstof te gee, is talle skole genader om te help.

Wian Jordaan en Christiaan de Bruin is trots op die hoeveelheid boeke wat hulle kon insamel. Foto: Jaco Human.

Laerskool Krugersdorp-Noord het die uitdaging aangegryp. Hul leerders en ouers is gevra om hul harte oop te maak en soveel moontlik tweedehandse boeke in te samel. Alle verwagtinge is gou oortref, en binne ‘n week is meer as ‘n duisend boeke in verskillende genres ingesamel.

“Ons het net ‘n brief uitgestuur en vir die ouers gevra of hulle sal help. Die Graad 7’s is ingespan en het elke dag bokse vol boeke van die klasse af aangedra,” het juffrou Jacqueline Kruger verduidelik.

Tshebo Kotsi, Tylur Scholtz en Dean Boshoff het swaar gedra aan al die boeke. Foto: Jaco Human.

Sy het ook genoem dat ‘n onderwyser saam met ‘n klompie vriende ‘n bakkie vol boeke ingesamel het en skool toe gebring het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button