NewsSchools

Noordskool se Persklub neem die beste foto’s

Die 12 tree as fotograwe by al die aktiwiteite op wat kwartaalliks by die skool aangebied word.

Noordskool se Persfotoklub strewe daarna om hul leerders van ‘n jong ouderdom af te leer om foto’s te neem wat nes dié van professionele fotograwe lyk.

Wanneer mens kyk na hierdie 12 leerders se inskrywings vir ‘n kompetisie wat onlangs gehou is, kan mens met gemak sê dat hulle reeds hierin begin slaag.

Die klublede tree as fotograwe by al die aktiwiteite op wat kwartaalliks by die skool aangebied word. Hulle het ook onlangs aan Status Studio se fotokompetisie vir die jongklomp deelgeneem, en talle groot pryse ontvang.

Waldo de Jager het ‘n eerste plek behaal, met Ruan Esterhuizen en Divan Henning in onderskeidelik die tweede en derde plek hul ateljeefoto-inskrywing. Die groep gaan later vanjaar by alle sport- en kultuurdae hul oë vir fotografie inoefen, en sal binnekort vir die wêreld kan wys dat hulle gereed is vir enige fotogeleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button