Local newsNews

Vrouemaand word só gevier

Aktrise Lizz Meiring het 35 jaar in die bedryf saam met Vrouemaand gevier tydens die Bethany House-fondsinsameling by Ekudeni Country Lodge. Sy het heelwat te sê gehad oor vrouwees.

Die bekende en geliefde Lizz Meiring het weereens ‘n draai aan die Wes-Rand gemaak, dié slag om ‘n saal vol suksesvolle vroue te vermaak.

Hierdie byeenkoms het om 9.30vm op Saterdag, 17 Augustus begin met ‘n goeie geselssessie tussen vriende en ‘n smullekker vingerete. Dit was deel van die viering van Vrouemaand.

Liz van Tonder, Lily Millin en Magda Schoeman het saam Vrouemaand gevier. Foto: Jaco Human.

“Die dag het natuurlik ruim voorsiening gemaak vir gesellige kuier om deftige teetafels, en om die vrouwees-lekkerte verder aan te vul het Vriende van die Bethany House Trust weer die Resale Royalty-winkel aangebied met ‘n verskeidenheid gesogte en bekoorlike items wat goedvoel voed,” het Marina Hough van Bethany House verduidelik.

Lizz het die dag gesels oor haar wedervaringe oor die 35 jaar wat sy in die toneel- en televisiebedryf is.

Anneli Jansen van Rensburg het die Resale Royalty-opslaanwinkel beman. Foto: Jaco Human.

“Sy het vertel van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, beroemdes en berugte en die vreugdes en vertwyfelings van ‘n lewe as aktrise,” het Marina gesê.

Verder het sy raad gegee oor vrouwees in vandag se lewe, en hoe om nie net te oorleef nie, maar te streef na meer. Sy het wenke oor alledaagse goed gegee, soos om sakkies vol water in nuwe skoene te sit en dit dan in die vrieskas te plaas. Die skoene rek namate die water vries en uitsit.

Die hoofdoel was natuurlik om geld in te samel vir Bethany House, en die dag was in hierdie opsig ook duidelik ‘n sukses. Bethany House kan ook met hul bedrywighede voortgaan aangesien hul las beslis ligter gemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button