NewsSchools

Liggiefees en gemmerkoekhuisies

Kennies-ouers en hul kinders het die geleentheid gehad om interessante en kleurvolle gemmerkoekhuise te bak en te bou.

Bekende televisiesjef Marinda Engelbrecht van die Maklik Met Marinda-kookprogram het onlangs by Laerskool Kenmare se Liggiefees ‘n draai gaan maak.

Daar het sy ‘n kookdemonstrasie vir die leerlinge, ouers en onderwysers aangebied. Sy het ook die gehoor verras met gebakte geregte wat die mond ordentlik laat water het.

Die Kennies-bakkers weet hoe om die mooiste gemmerkoekhuisies te bou. Foto: Ingestuur.

Ouers en hul kinders het die geleentheid gehad om interessante en kleurvolle gemmerkoekhuise te bak en te bou. Gedurende die aand het musiekonderwyser Cecile Doubell-Fourie vir die gaste melodiese klaviermusiek gespeel, terwyl kunsjuffrou Magda Snyman gesels het oor hul kunsskool en die waarde van kreatiwiteit in die lewens van die jongklomp en mense in die algemeen. Die aand was gevul met liggies, lag en baie kreatiwiteit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button