Local newsNews

Help matriekafskeiddrome waar word

Indien jy 'n aandrok of 'n pak het wat jy weet jou nie meer pas nie of wat jy nie meer nodig het nie, skenk dit vir iemand wat dit nodig het. Dit kan dalk net hulle drome laat waar word.

Almal ken die storie van Aspoestertjie, hoe haar goeie feë opgedaag het, haar opgetof het sodat sy na die bal toe kon gaan en die mooiste meisie daar was.

Madré Botha het dalk nie die staf en vlerke nie, maar sy en haar organisasie, Princess for a Day maak al ‘n geruime tyd matriekprinsesse en -prinse se drome waar.

Princess for a Day voorsien uitrustings aan diegene wat dit nie kan bekostig nie. Al voorsien sy nie net aan matriek leerders nie, is dit haar hoofdoel om hul matriekafskeid spesiaal te maak.

Hierdie jaar alleen het haar organisasie reeds meer as 100 seuns en dogters gehelp met uitrustings.

Sy het egter vertel dat hulle juis vanjaar die gemeenskap nodiger het as ooit tevore.

Hulle het uitrustings vir mans nodig – manspakke, onderbaadjies, formele hemde, manskoene en mansbelde.

Daar is ook ‘n groot nood vir formele dameskoene, handsakke en juwele.

“Ons kort ook elegante damespakke omdat daar vele meisies is wat eerder in ‘n elegante pak wil gaan,” het sy verduidelik.

Dit is nie al waarmee die organisasie help nie. Hulle probeer ook help met ander dinge soos grimering, ‘n mooi haarstyl, bykomstighede, naels en so meer.

“Ons probeer soveel mense as moontlik help,” het sê vertel.

Madré mag dalk net vra dat jy ‘n blikkie kos of iets skenk sodat sy dit weer aan ‘n ander organisasie kan skenk.

Indien jy iets het wat jy wil skenk, kan jy dit gerus by hul afleweringspunte by die Cradle of Hope-huis, Dekkerstraat 37 of by Kathleenlaan 3 in Noordheuwel gaan aflaai. Skakel gerus vir Madré by 078 676 9760.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button