Op die eerste dag terug by die skool na ‘n kort vakansie het die leerders van Laerskool Muldersdrif iets gehad om na uit te sien.
“Ons het in die verlede so drie of vier uur ‘af’gevat en kultuuraktiwiteite aangebied,” het Herman Byleveld, die skoolhoof verduidelik.
DiƩ jaar het hulle egter besluit dat al die klasse op 1 Oktober om 11vm opgeskort sou word sodat die leerders dan die kultuuraktiwiteit van hul keuse kon beoefen.
Leerders kon kies uit 30 aktiwiteite en moes dan daarvoor registreer. Hulle kon ‘n houer slym maak, kuns met wasgoedpennetjies of met tou doen, blomme rangskik, gesigte verf, kinetiese sand maak, boeresport doen, fotografie beoefen en tuinmaak, om net ‘n paar te noem.
Die leerders het in hul groepe oral op die skoolterrein bymekaar gekom en hulself uitgeleef deur die verskillende kultuuraktiwiteite.

