NewsSchools

N Diederichs se gronde verbeter net elke slag

Die bouwerkleerlinge en -onderwysers het 'n konstruksie-area by die saal se ingang ingerig om belangrike inligting oor te dra.

Met die opbou na die matriekeindeksamen word elke hoërskool deur die Departement van Onderwys verplig om duidelik en op ‘n gereelde basis vir hul leerders die tyd tot en met die eerste eksamendag aan te dui.

HTS N Diederichs THS het besluit om ‘n interessante benadering hiervoor te volg en het met ‘n plan vorendag gekom wat eie is aan dié tegniese skool.

Louis Grobler ontvang nuwe uitstalborde van Signs R Us se Motofonalis Moloko en Dwain Williams. Foto: Jaco Human.

Die bouwerkleerders en onderwysers het ‘n konstruksie-area by die saal se ingang ingerig, reg by die hoofhek. Hier is borde opgerig wat die dae tot die finale matriekeindeksamen aandui.

Signs R Us huur tans ‘n gedeelte van die skoolterrein waar hulle hul groot pad-, advertensie- en ander borde bou en dan reg oor die land versprei. Om hul liefde vir hierdie skool en sy leerders te wys, help die maatskappy gereeld waar hulle kan. Op ‘n stadium het hulle ingespring en veligheidsborde oral in die bouwerkafdeling van die skool geplaas om die area veiliger te maak en mooier te laat lyk. Hulle het spoed- en ander padborde op die skoolgronde opgesit, en gehelp om die matriekeksamenstruktuur op te rig.

Louis Grobler ontvang nuwe uitstalborde van Signs R Us se Dwain Williams. Foto: Jaco Human.

Hulle is ook deur N Diederichs-onderwyser, Manie van den Berg en Louis Grobler van die Gautengse Onderwysdepartement gevra te help met ‘n tegniese ekspo. Na verwagting sal sowat 2 000 leerders die Sci-Bono Discovery Centre in Newtown, Johannesburg besoek. Sommige leerders gaan van hul eie konstruksies en tegnologie uitstal, terwyl die res by talle besighede en instellings se stalletjies ‘n draai kan maak om meer te leer.

Die Departement het vroeërjare net naamborde met pen en papier gemaak, en is baie dankbaar omdat hulle hierdie jaar professionele borde sal hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button