Local newsNews

Rotary Anns maak hul harte oop

Die Rotary Anns het onlangs nie net geld nie maar glimlagte ook uitgedeel toe hulle donasies aan vier verskillende organisasies oorhandig het.

Die Rotary Anns het onlangs weer gewys net hoe groot hul harte is toe hulle donasies aan verskeie organisasies in die dorp gemaak het.

Die Anns het op 18 September by die Golden Age Village bymekaar gekom om dié donasies te oorhandig.

Hulle doen dit elke jaar en hierdie jaar het hulle geld geskenk aan twee diere-organisasies – die Friends of Rescued Animals (FORA) en die 9th Day Animal Shelter. Daar is ook skenkings gemaak aan Project Hope in Munsieville en aan die Krugersdorp Kinderwelsyn.

Magda Erasmus van die Rotariërs en Dawn Silva van die Anns.

Die Anns samel geld in deur spyseniering te doen vir funksies en pannekoek te bak. Hulle kry ook ‘n gedeelte van die fondse wat met die jaarlikse Bingo-aand ingebring word. Die Rotariërs en die Anns bied die Bingo-aand saam aan.

Reynette Steyn, die hoof maatskaplike werker by die Krugersdorp Kinderwelsyn het verduidelik hoe hulle verlede jaar dienste gelewer het aan 2 670 mense, en 22 kinders uit ongewenste omstandighede verwyder en in veilige plekke geplaas het. Sy het gesê dat dié donasie hulle baie sal help.

Linda Scrace van FORA het vertel dat hulle tans nagenoeg 500 diere in hul sorg het. Sy het beklemtoon dat baie daarvan weggooidiere is en dat hul grootste uitdaging onverantwoordelike eienaars is.

Jill Olivier van die Anns en Linda Scrace van FORA.

Die laaste donasie is aan Magda Erasmus van die Rotariërs oorhandig. Sy is die projekbestuurder by Project Hope in Munsieville. Sy het vertel dat Hope Village een van die projekte is wat die Rotariërs ondersteun en dat die organisasie geen befondsing van die regering ontvang nie. Sy het die Anns bedank vir hul ondersteuning en die skenking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button