Hierdie fanatiese groep het ‘n passie vir die gemeenskap
Die Toyota Fanatics het nie net 'n passie vir 'n goeie voertuig nie. Hulle is ook lief vir hul gemeenskap en het weereens ander gehelp.

Die Toyota Fanatics-groep is nie net passievol oor hul voertuie nie, maar ook oor hul gemeenskap. Hulle het onlangs weer gewys hoe samewerking iemand se lewe kan verbeter.
Die Fanatics-groep is aan die begin van die jaar deur Franco van der Westhuizen en Mark Schubert gestig en sedertdien kom die groep elke tweede maand bymekaar om êrens ‘n verskil te probeer maak.

Vroeg die oggend op 19 Oktober het die Toyotas reeds in ‘n ry gestaan, volgepak met kos. Die span was op pad na Jack Cotton-tehuis om kospakkies vir die inwoners te gaan uitdeel.
Elke persoon het niebederfbare kos saamgebring, en daar is op die ou end drie bakkievragte vol kos uitgedeel.
Franco het gesê hulle daag ander mense in die gemeenskap uit om hul voorbeeld te volg, en ook hul medemens te help.
Indien jy deel wil word van hul groep, besoek gerus hul Facebook-blad. Hulle verkoop ook plakkers wat jy op jou voertuig kan plak, en as jy ‘n Toyota Fanatic êrens raakloop, word jy gevra om ‘n foto van die plakker te neem en dit op die blad te plaas.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Franco by 083 282 0143, Mark by 066 240 6744 of Marco by 073 425 2938.

