Local newsNews

[FOTO’s] Potte van plesier by Khosa potjiedag

Die Khosa Klub het onlangs 'n potjiekoskompetisie aangebied en dit was beslis moeilik om 'n wenner te kies.

Die lug by die Khosa Klub was onlangs gevul met watertandgeure toe hulle ‘n potjiekoskompetisie aangebied het.

Van vroeg af op 5 Oktober het deelnemers reeds begin om hul stalletjies en hul potjies aanmekaar te slaan. Daar was ses stalletjies en agt potjies.

Teen 10vm was die eerste deelnemers se pot reeds aan die prut – ‘n sampioenpot met hoender en wat hulle met ‘n selfgebakte kruiepotbrood voorgesit het.

Die DD-span (Dad and Daughter), Cecilia en Johann Morris.

Die Meamus-span wat uit die Erasmus- en die Meano-familie bestaan het, was besig met ‘n lamskenkelpotjie en het gesê dat hulle ongelukkig nie hul geheime resepte sommer net so uitdeel nie.

By stalletjie nommer drie was daar ‘n geurige biltongpot op die spyskaart terwyl die DD-span (Dad and Daughter) besig was om ‘n spesiale kerriehoenderpot te bou.

Die vierde span het uit drie mans bestaan wie se spyskaart enigeen se mond sou laat water het. Wildspotjie met koring; ‘n botterhoenderpot met ‘n kekerertjie-, (chickpea), aartappel- en tamatiegereg; en as dit nie genoeg was nie het hul ook ‘n chakalaka-en-room-mieliebolletjiepotbrood voorgesit.

Melissa Erasmus en Liezl Meano was deel van Span Meamus.
Foto’s: Natasha Pretorius.

Daar was ook ‘n kerrielamspotjie met sampioene, en wafels vir nagereg.

Die laaste span het hul eie gelukbringertjie saamgebring – ‘n kangaroe wat alles herhaal wat vir hom gesê word. Hulle het ‘n beestertpotjie met stampmielies en boontjieslaai gemaak, en vir nagereg was daar sjokoladebadjies met aarbeie.

Die spanne en besoekers is ook deurentyd vermaak met musiek en almal het hul gate uit geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button