Local newsNews

Vroue Landbou-Unie brei vir Borskankerbewustheidsmaand

Die VLU-lede het onlangs 'n oggend lank saam gebrei om Borskankerbewustheidsmaand en die Knitted Knockers-inisiatief te ondersteun.

Daar is ‘n gesegde dat wanneer vroue mekaar ondersteun, enigiets moontlik is. Dit is presies wat onlangs gebeur het toe die vroue van die Witwatersrand Vroue Landbou-Unie (VLU) die breinaalde behoorlik laat klap het.

‘n Hele groep vroue het op 19 Oktober hul brei- en hekelnaalde saamgeneem na die Wimpy-restaurant in Cradlestone Mall om Knitted Knockers te maak. Knitted Knockers is gebreide of gehekelde prosteses vir vroue wat ‘n mastektomie ondergaan het en nie rekonstruksie-operasies kan of wil ondergaan nie.

Malinda Raats lag lekker saam met Rheta Zwart.

Die doel van die projek was om Knit-in-Public-dag te vier en sommer tegelykertyd vanjaar se streeksprojek te doen. Knit-in-Public word gewoonlik in Junie gevier, maar diƩ jaar het die VLU-lede dit uitgestel tot Oktober sodat hulle kan brei vir Borskankerbewustheidsmaand.

Die prosteses wat hulle brei/ hekel word gemaak van organiese katoen en het ‘n bokhaarstopsel. Dit is lig en wasbaar, en word in verskillende groottes gebrei om dit vir die kankerlyers gemaklik te maak.

Daleen Smith en Petra Moolman het saam gebrei.

Die VLU het toe op 25 Oktober tydens hul streeksvergadering al die prosteses aan Dana Biddle van die Knitted Knockers-organisasie oorhandig, en sy sal dit weer versprei waar dit benodig word.

Knitted Knockers kan gekoop of geborg word. Gaan kyk gerus op hul Facebook-blad of doen ‘n skenking aan die Yarn Tree, Nedbank 198765, rekeningnommer 106 994 4629.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button