Local newsNews

Kerk bied verblyf aan bejaardes

Die grootste behoefte wat hulle geïdentifiseer het, was bekostigbare verblyf vir bejaardes. Hulle het aan die werk gespring om die pastorie vir dié doel te omskep.

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Oos het so ‘n paar jaar gelede ernstig begin kyk na hul gemeenskap, binne en buite die kerk, en gewonder hoe hulle meer mense se lewens kon aanraak.

Dominee Marius Kramer het ongemaklik gevoel met die grootte van die pastorie toe net hy en sy seun jare gelede daar moes intrek.

“Dit was te groot vir ons, en ons wou dit beter benut op ‘n wyse wat ‘n diens aan die gemeenskap lewer en ‘n inkomste vir die kerk bied.”

Die grootste behoefte wat hulle geïdentifiseer het, was bekostigbare verblyf vir bejaardes.

Die werk aan die huis in ‘n stil straat in Noordheuwel het toe begin. Daar is geen addisionele vertrekke aangebou nie, maar ‘n paar mure is opgerig om die huis te verdeel. Die resultaat was uiteindelik 10 moderne, enkelslaapkamer-selfsorgeenhede, elk met ‘n groot sitkamer, badkamer en oopplankombuis, met ‘n variasie in vloeroppervlaktes. Die pryse wissel van R4 000 tot so R8 500 per maand. Daar is ‘n gratis waskamer op die perseel, en elke woonstel bevat ‘n paniekknoppie wat gekoppel is aan ‘n sekuriteitsmaatskappy en nooddienste.

Die kerk wil graag die bejaardes vervoer soos nodig, maar hul kombi is onlangs gesteel. Hulle probeer tans ‘n manier vind om ‘n nuwe een aan te skaf.

Vir meer inligting, skakel gerus die kerkkantoor by 011 954 1350.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button