Local newsNews

O Mama Mia – dit gaan ‘n partytjie wees!

Die dames vier elk baie groot verjaarsdae binnekort en het besluit om alles in te sit.

Dit is soms interessant hoe dinge in gesinne uitwerk sonder dat hulle dit beplan.

Toetie van Rooyen was 20 toe sy haar eerste dogter gehad het, en 30 toe haar tweede gebore is. Binnekort sal Toetie 80, Lydia Maene 60 en Sophia Rabie 50 wees. Lydia is boonop vanjaar 40 jaar getroud.

Lydia Maene, Toetie van Rooyen en Sophia Rabie maak gereed vir die groot vieringe. Foto: Jaco Human.

Om dit te vier gaan hulle twee partytjies hou. Vir die een word 40 mense genooi, en vir die ander 90. Vir Toetie se 80ste beplan hulle iets meer intiem by een van die dogters se huis, en het besluit op ‘n elegante roostema.

Lydia en Sophia wou iets anders vir hul gesamentlike partytjie hê. Hulle het grootgeword met ABBA se musiek, en het dikwels saam gesing en gedans.

Toe die toneelstuk Mama Mia in Suid-Afrika op die planke was, het hulle drie maal daarna gaan kyk. Die film wat in 2008 vrygestel is, het gou hul gunsteling geword en die klankbaan is byna daagliks in hul huise gespeel. Dit was dan ook die perfekte tema vir hul partytjie.

Oppi Plaas Venue het die stoele en tafels wat hulle gewoonlik gebruik, geruil vir hout, die deure is blou geverf en die blou dekor lyk net soos dié vir die partytjie in Mama Mia. Dit sal beslis ‘n partytjie wees om te onthou!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button