NewsSchools

‘n Liplek-lekker Ribbraaidag by Kenmare

Kennies-braaiers van formaat het op Vrydag, 28 Februarie wind en weer trotseer om die pa-en-seun-dag vol pret saam deur te bring.

Dit was ‘n dag vir smullekker ribbetjies op die vuur, met ‘n rugbybal op die veld speel, en kosbare alleentyd vir pa’s en seuns gedurende Laerskool Kenmare se Ribbraaidag.

Teen 3nm een Vrydagmiddag in Februarie, het die vlamme hoog gestaan, en elke meesterbraaier het sy rib, speserye en spesiale braaisouse gereed gehad.

Kort voor lank het die wolke egter saamgepak en die reën het begin val. Maar, asof dit niks buitengewoon vir die manne was nie, het hulle deurgedruk en onder die gazebo’s gebraai.

“Braai sal ons braai,” het ‘n paar mans vir mekaar gesê terwyl die braaitange geklap het.

Uiteindelik is die gesogte Ribbraaitrofee aan die span van Eon en Teon Greyling, saam met Koos en Kian Bekker oorhandig. Die span van Dan en Eduan van der Merwe saam met Jacques en CJ van Staden het met die Paplepeltoekenning gespog. Die pa-en-seun-span van die aand was Paul en Stefan Jansen van Rensburg.

Vir meer fotos kliek hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button