NewsSchools

Norie-leerder toets positief – skool dadelik gesluit

Die Onderwysdepartement en Departement van Gesondheid sal die saak verder hanteer.

Hoërskool Noordheuwel het meer as ‘n uur gelede op hul Facebook-blad bekend gemaak dat ‘n matriekleerder positief vir Covid-19 getoets het.

Die hoof, Dawie Kriel, het dadelik opgetree en die skool gesluit.

“Ons leerders se welsyn en weerbaarheid teen die coronavirus is ononderhandelbaar.

Ongelukkig was ‘n gesinslid van een van ons matriekulante in kontak met ‘n persoon wat die coronavirus het. Die gesin is getoets, en een van die ouers en matriekkind het positief getoets,” het Kriel se brief aan ouers gelui.

Hy het dadelik met die Onderwysdepartement gekonsulteer en daar is besluit om die skool te sluit.

Die Onderwysdepartement en Departement van Gesondheid sal die saak verder hanteer deur die nodige kontaksporing te doen, en leerders behoort weer Maandag terug te keer skool toe.

“Die skool se Covid-19 beleid word daagliks streng gevolg. Alle klaskamers, stoepe, badkamers, handrelings en die kantoorblok word daagliks na skool ontsmet.”

Ouers se kommentaar op die besluit is baie positief, maar daar is tog ‘n paar wat negatiewe kommentaar gelewer het op die Onderwysdepartement se besluit om leerders weer te laat skool gaan.

Die leerder wat die infeksie opgedoen het, was glo sedert Woensdag, 17 Junie, nog nie weer by die skool nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button