Alhoewel Laerskool Ebenhaeser nie nou hul nuwe hoof, Renier du Preez, met ope arms kan verwelkom nie, het hul wel met behulp van hul elmboë (soos President Ramaphosa versoek het) hul nuwe hoof by die skool gegroet.
Renier is al meer as 30 jaar ‘n onderwyser en het as departementshoof en adjunkhoof by Laerskool Dr Havinga diens gedoen voor hy die hoofpos by Ebies aanvaar het. Dis vir Renier ‘n groot eer om die nuwe hoof van Ebies te wees en hy sien daarna uit om weer die skool aan die gang te kry. Maar soos met enige ander minderbevoorregte skool, sukkel Ebies ook om kop bo water te hou gedurende die landwye Covid-19 inperking.
Renier pleit derhalwe by die gemeenskap om betrokke te raak deur ‘n kind se skoolfonds van R700 per maand te borg. “Ons skool is onder geweldige finansiële druk en met die inperking kan ons nie, soos enige ander instansie, fondsinsamelings hou nie,” het Renier in ‘n video gesê.
Hy het vertel dat dit vir hulle vreeslik lekker is om die Graad 7’s sedert 8 Junie weer terug by die skool te hê. Hy wil ook vir die ouers van die anders leerders gerus stel dat hulle kinders baie veilig sal wees wanneer hulle terugkom skool toe.

“Ons is baie goed voorberei en kan nie wag om almal terug te verwelkom nie.” Indien jy ‘n behoefte het om ‘n kind se skoolfonds te borg, stuur ‘n epos na die hoof by hoof@ebies.co.za.
Sien meer foto’s hier:





