Inwoners word gemaan om paraat te wees en proaktief op te tree om te verseker dat hul hekke gesluit bly. Foto: Pixabay. Vir illustrasie-doeleindes.
In vergelyking met vorige naweke is daar die afgelope naweek meer insidente by privaatwonings aangemeld as by besighede in die Krugersdorp-area.
So sê Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand met verwysing na die tydperk van Vrydag, 14 tot Sondag, 16 Augustus.
“Hierdie insidente sluit onder andere ‘n poging tot roof in waar die verdagtes in ‘n silver Chevrolet gery het, asook ‘n roof waar die verdagtes ‘n silver Opel-voertuig gebruik het. Daar is ook verskeie gevalle van betreding en diefstal aangemeld.
In die meeste van die gevalle was die inwoners tuis ten tye van die voorvalle.
“Inwoners word gemaan om paraat te wees en proaktief op te tree om te verseker dat hul hekke gesluit bly en dat skuifhekke by hul wonings nie maklik van die spoor gelig kan word nie,” het Krogh gesê.
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:
EPR se jongste volledige misdaadverslag in die Krugersdorp-area die afgelope naweek. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.