Veral by privaatwonings moet inwoners baie versigtig wees wanneer hulle die hekke van die perseel oop- of toemaak. Foto: Pixabay. Vir illustrasie-doeleindes.
In vergelyking met vorige naweke is daar die afgelope naweek aansienlik minder insidente in Mogale City aangemeld, sê Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand.
Die maatskappy se misdaadverslag is vir die tydperk van 20 tot 23 Augustus.
In die lig daarvan dat daar twee rooftogte (een huisroof en een besigheidsroof) gedurende die naweek aangemeld is, sê Krogh dit is duidelik dat rooftogte beslis aan die afneem is.
Huis- en besigheidseienaars word egter gemaan om paraat te wees. Veral by privaatwonings moet inwoners baie versigtig wees wanneer hulle die hekke van die perseel oop- of toemaak,” het Krogh gewaarsku.
“Die maklikse tyd vir rowers om toe te slaan is wanneer inwoners by hul erwe in- of uitry. Werkers by wonings moet ook geleer word om nie vir vreemdelinge of afleweringspersoneel oop te maak as dit nie vooraf so gereël is nie.”
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:
EPR se jongste volledige misdaadverslag in die Krugersdorp-area die afgelope naweek. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.