CrimeNews

EPR waarsku oor onwettige myners in Mogale City

EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand waarsku dat besighede wat naby aan onwettige mynbedrywighede geleë is, waaksaam moet wees.

EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het hul misdaadverslag vir 28 en 29 Augustus bekendgemaak.

“Oor die algemeen was daar nie ‘n toename in insidente in Mogale City oor die naweek in vergelyking met die vorige week nie,” het Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand gesê.

Hy het wel bygevoeg dat dit lyk of onwettige myners (zama-zamas) meer aktief begin raak het en hulself tot ander tipes misdaad in die Boltonia-omgewing gewend het.

Twee gevalle van gesinsgeweld is aangemeld en die polisie is ingeroep, terwyl daar ook een geval van intimidasie aangemeld is en die oortreder uit ‘n winkel verwyder is.

Krogh het gewaarsku dat besighede wat naby aan onwettige mynbedrywighede geleë is, waaksaam moet wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button