Die twee gevalle van gesinsgeweld het by die R28 en 'n besigheid in Monument plaasgevind. Foto: Pixabay. Vir illustrasiedoeleindes.
In die jongste misdaadverslag wat EPR Sekuriteit vir Mogale City vrygestel het, is agt insidente in totaal aangemeld – twee van gesinsgeweld.
Johan Krogh, die hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het gesê die verslag dek die tydperk van 4 en 7 September.
Die afgelope naweek is agt insidente aangemeld, waaronder twee gevalle van gesinsgeweld asook twee gevalle van saakbeskadiging op Vlakplaas, Tarlton waar grensdrade geknip is,” het hy gesê.
Hy het gewaarsku dat misdadigers op soek is na vee, voertuigbatterye wat buite staan of ander waardevolle items wat rondlê.
“Ons versoek inwoners en besighede in die landelike gebiede om paraat te wees,” het Krogh gemaan.
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:
EPR se jongste volledige misdaadverslag in die Krugersdorp-area die afgelope naweek. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.