NewsSchools

Nuwe adjunkhoof met ‘n inspirerende storie

Die 45-jarige Wimpie is reeds nagenoeg 21 jaar in die onderwys en hy glo dat mens nooit bang moet wees om te droom of om foute te maak nie.

Hoërskool Monument het onlangs ‘n nuwe adjunkhoof aangestel. Wimpie Lindes is nie net reg vir die nuwe uitdaging nie maar sy passie vir sy werk en kinders is duidelik sigbaar.

Die 45-jarige Wimpie is reeds nagenoeg 21 jaar in die onderwys en hy glo dat mens nooit bang moet wees om te droom of om foute te maak nie. Hy is egter ekstra gemotiveer om sy leerders aan te spoor om hul drome te bereik.

In 1988 was Wimpie in ‘n motorfietsongeluk en hy het sy been verloor. Dit het hom nie teruggehou nie en hy is terug skool toe om sy matriekjaar klaar te maak, en ook die beker vir deursettingsvermoë ontvang het.

Dit is toe dat hy besluit het dat hy ‘n verskil in kinders se lewens wil maak, en onderwys by die Goudstadse Onderwyskollege gaan studeer het. Wimpie is ook ‘n atleet. Hy het in 1998 deurgedring na die Wêreldspele waar hy aan diskus, spiesgooi en gewigstoot deelgeneem het.

Twee jaar later het hy aan die Paralimpiese Spele in Sydney gaan deelneem. Deesdae speel hy gholf vir gestremdes en is lid van die Suid Afrikaanse span. Hy is in 2009 as die nommer een-speler in Gauteng aangewys. Hy het verduidelik dat sy gestremdheid dit makliker maak vir kinders om met hom te assosieer en hy kan ook vir hulle wys om vir niks terug te staan nie.

Wimpie het vir 13 jaar by Laerskool Lydenburg skoolgehou voordat hy vir drie jaar in die privaatsektor gaan werk het. In 2011 was hy Departmentshoof by Laerskool Muldersdrif voordat hy in 2018 by die Monnas-span aangesluit het. Hy was vir twee jaar die departementshoof van die tegniese vakke. Hy sal tot die einde van die jaar steeds Ingenieursgrafika en ontwerp aanbied vir Graad 10, 11 en 12, en is ook die o.15B-rugbyspanafrigter.

Oor sy bevordering het Wimpie gesê, “Dit is ‘n eer om by ‘n makroskool soos Monnas deel te kan wees van die bestuurspan. Hulle het hul eie unieke tradisies en is kompeterend op alle vlakke. Soos altyd kan mens net probeer om jou beste te doen.”

Met die Covid-19 pandemie het baie dinge verander en een daarvan was die manier waarop skoolgehou word. Wimpie het vertel dat daar so baie nuwe maniere is om dinge te doen, maar dat tegnologie ook nie altyd die onnie voor in die klas kan vervang nie.

Dit is ‘n uitdaging vir almal, vir die onnies ook. Almal moes aanpas en daar is positiewe en negatiewe aspekte van hoe dinge nou gedoen word, maar die onsekerheid het almal maar gevang. Ek kan wel sê dat skoolgee vir altyd verander het.”

Wimpie het vertel dat sy familie baie trots is op sy bevordering en dat hulle ‘n onderwysfamilie is. Sy vrou Nelien is ‘n onderwyser by Laerskool Muldersdrif en sy seun Larko is nou in sy tweede jaar van onderwysstudies. Sy dogters Tenieke skryf hierdie jaar matriek en Beate is in Graad 10.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button