CrimeNews

Besige naweek vir EPR – Inwoners word aangeraai om hul alarmstelsels te toets

Die EPR-reaksieoffisiere het weer 'n besige naweek gehad en dit blyk dat huisbraak aan die toeneem is.

EPR sekuriteit se bestuurder aan die Wes-Rand, Johan Krogh, het gesê dat die afgelope naweek ‘n besige een was vir hul sekuriteitsmaatskappy.

“Dit is duidelik dat met die aanpassing van die aandkloktye meer insidente na 10nm plaasvind,” het hy bygevoeg.

Die sekuriteitsmaatskappy het hul misdaadsyfers vir die afgelope naweek van 18 tot 21 September vrygestel en vier gevalle van huisbraak is in dié tydperk by die maatskappy aangemeld. Hulle het ook gereageer op twee voorvalle van saakbeskadiging, een van gesinsgeweld, ‘n ongeluk en ‘n brand.

Dan het reaksie-offisiere ook gereageer op ‘n selfmoord wat in Krugersdorp-Noord gepleeg is. Krogh het verduidelik dat soos meer inwoners terugkeer werk toe lyk dit of huisbraak ook toeneem.

Na die lang inperking waartydens baie inwoners nie hul huisalarm gebruik het nie omdat hulle tuis was, word inwoners herinner om hul alarmstelsels te toets, en seker te maak dat hul sekuriteitsmaatskappye die seine ontvang,” het Krogh aanbeveel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button