CrimeNews

Sewe insidente in Mogale City oor die naweek, meestal diefstal – EPR

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys ten minste sewe insidente in Mogale City – meeste by besighede.

Die afgelope naweek was weer ‘n besige een vir EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand.

Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Wes-Rand, is minstens sewe insidente in Mogale City vir die tydperk van 25 tot 27 September by hulle aangemeld.

“Alhoewel geen inbrake die naweek by EPR-kliënte aangemeld is nie was daar vier gevalle van diefstal,” het Krogh gesê.

Die diefstalle het onder andere in Krugersdorp-Noord, Protearif en Chancliff plaasgevind en sigarette, sjokolade, ‘n kodeblok en hekmotors is gesteel. EPR se reaksie-offisiere het ook gereageer op ‘n ongeluk op Vrydag, 25 September om 9.26nm in Vlakplaas waar ‘n motor deur ‘n huis se muur gery het.

Dit is duidelik dat hekmotordiefstal weer in die omgewing begin het en inwoners word aangeraai om te versker dat hul hekmotors beveilig word met toepaslike teendiefstalrame,” het Krogh die publiek aangeraai.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag in die Krugersdorp-area die afgelope naweek. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button