CrimeNews

‘Ek is jammer’ – vrou aangekla van bejaarde se moord

Vorster sal binnekort voor die hof moet verskyn vir die moord op Hetta Potgieter maar eers wou sy haar medelye deel.

Sheila Mandy Vorster sal binnekort in die hof moet verskyn omdat sy een van die beskuldigdes is in die moord op die 85-jarige Hetta Potgieter. Die bejaarde vrou is op 8 Julie 2018 in die Macadamia Care Centre in Nelspruit vermoor.

Vorster is saam met John du Plooy en Shaun Oosthuizen van die moord aangekla. Sy is op R2 000 borgtog vrygelaat terwyl Oosthuizen en Du Plooy reeds gevonnis is vir ander moorde in Alberton en Springs waaraan hulle skuldig bevind is.

Lees meer oor dié saak hier: Three murder suspects from Nelspruit caught in Krugersdorp

Met die hofsaak om die draai het Vorster met die News gesels oor die warboel emosies wat sy ervaar.

Ek kan myself nie indink hoe Hetta Potgieter se familie moet voel nie,” het sy gesê.

Dat daar woede en hartseer is kan sy heeltemal begryp.

Vorster het reeds in die hof genoem dat sy onskuldig gaan pleit, en dit in haar onderhoud met die News herhaal. Sy, Du Plooy en Oosthuizen het tydens hul borgverhoor in die Nelspruit Landdroshof erken dat hulle op die dag van Potgieter se dood by haar woning was, maar ontken dat hulle haar vermoor het. Al drie moet egter nog op 26 Oktober formeel pleit wanneer hul verhoor begin.

Lees meer oor dié saak hier: Two rearrested after alleged murder spree

Vorster het die News gekontak omdat sy iets van haar hart af wou kry: desondanks die feit dat sy binne en buite die hof volhou dat sy onskuldig is, het sy medelye met die Potgieter-familie en is sy jammer oor hul verlies.

Ek is regtig baie jammer oor wat met hul ma gebeur het. Ek weet sy was ook ‘n ouma, ‘n tante, en ‘n ma. Daar was ook mense wat lief was vir haar, net soos wat ek mense het wat lief is vir my.”

Om ‘n beskuldigde in ‘n moordsaak te wees is moeilik en gaan met vrese en duur regskostes gepaard. Maar Mandy besef dat sy nog leef en haar geliefdes kan omhels – iets wat Hetta Potgieter se geliefdes nooit weer beskore sal wees nie.

Vorster se verhoor begin op 26 Oktober.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button