Local newsNews

Groot dinge op pad vir Cradle of Hope

'Die organisasie is besig om vorentoe te beweeg, waarheen weet ons nog nie, maar hier is groot dinge op pad' - Cradle of Hope se algemene bestuurder.

Die Cradle of Hope het groot planne en binne die volgende paar maande sal alles verander, maar hulle is opgewonde.

“Ek besef al die laaste twee jaar dat ons ‘n groter plek moet kry. Dit het die hele tyd aan ons geknaag en ek het baie daaroor gebid,” het Melodie van Brakel, stigter en bestuurshoof van Cradle of Hope vertel.

Sy het verduidelik dat die nood geweldig groot geraak het en dat vroue en kinders die afgelope vier maande na hul organisasie stroom vir hulp.

Tagtig persent van die vroue wat na ons toe kom is slagoffers van gesinsgeweld. Die ander 20 persent is ma’s wat hul werk verloor het en nou nêrens het waarheen hulle en hul kinders kan gaan nie,” het Melodie gesê.

Sy het verduidelik dat sy deur die koerant geblaai het toe ‘n huisadvertensie haar oog gevang het.

Melodie en Candice Ellis, die organisasie se algemene bestuurder het die volgende dag na die huis gaan kyk.

“Ek glo die Here praat met my deur nommers en kleure,” het sy verduidelik.

Dit is hoekom, toe sy die huis se nommer en kleur sien, het sy geweet dit is die huis vir hulle.

By die Cradle of Hope se House of Restoration het hulle ‘n mosaïekmuur. Die muur bestaan uit verskillende kleure teëls – oranje wat die Heilige Gees voorstel; groen wat nuwe lewe voorstel en goud wat die Here voorstel. Die agtergrondkleur van die muur beweeg van swart onder na grys in die middel tot wit bo.

Die swart stel voor waar die vroue wat na hulle toe kom eers begin het, in die donker, en die wit is waarheen hulle gaan, die lig. Die middel is die grys en dit is die pad wat hulle moet loop om van die donker na die lig te beweeg. Daarom is die nuwe grys huis perfek vir dit wat hulle doen.

Behalwe vir die House of Restoration het die Cradle of Hope ook die One Day Emergency Shelter waar hulle oornagslaapplek aan vroue bied.

Die plan met die nuwe huis is om die perseel in die dorp te ontruim en die One Day Emergency Shelter na hul huidige perseel te skuif. Die House of Restoration sal dan in die nuwe huis wees.

Hul voedingskema, wat daagliks vir meer as 400 mense kos gee, sal ook na die nuwe huis toe verskuif. Melodie het verduidelik dat daar baie meer spasie is en die area baie stiller is en dus veiliger sal wees vir dié wat elke dag by hulle kom kos haal.

Vir hierdie nuwe huis gaan hulle egter iets van alles nodig hê, onder andere meubels, gordyne, eetgerei, beddegoed en meer. Hulle het ook R1,5 miljoen nodig om die huis te kan koop en ekstra veiligheidsmaatreëls aan te bring.

Wanneer hulle aan die begin van Desember in die nuwe huis ingetrek het, sal hulle plek hê vir 30 vroue en kinders.

Die organisasie is besig om vorentoe te beweeg, waarheen weet ons nog nie, maar hier is groot dinge op pad,” het Candice vertel.

Indien jy ‘n donasie aan die organisasie wil maak, besoek gerus hul Facebook-blad by Cradle of Hope NPC South Africa vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button