CrimeNews

Gewapende roof aan die toeneem, waarsku EPR

In Krugersdorp was daar oor die naweek twee gevalle van gewapende roof waarop EPR Sekuriteit gereageer het.

Die span van EPR Sekuriteit het weer ‘n besige naweek gehad in Mogale City en hiervan kan hul jongste misdaadverslag getuig.

Volgens Johan Krogh, die hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand is minstens 12 insidente gerapporteer vir die tydperk van 9 tot 11 Oktober. Hy het gewaarsku dat gewapende rooftogte aan die Wes-Rand aan die toeneem is.

In Krugersdorp was daar oor die naweek twee gevalle van gewapende roof waarop EPR Sekuriteit gereageer het.

Reaksie-offisiere het ook gereageer op voorvalle van onder andere diefstal, saakbeskadiging en intimidasie.

Twee gevalle van gewapende roof het in onderskeidelik Noordheuwel en Kenmare plaasgevind.

In die voorval by ‘n besigheid in Robert Broomrylaan het vier verdagtes vermoedelik in ‘n Audi A3 gevlug.

Tydens die tweede voorval wat by ‘n woning in Kemare plaasgevind het, het vyf rowers met verskeie items gevlug.

Krogh het verduidelik dat daar gewoonlik drie tot vier aanvallers is plus ‘n drywer wat in ‘n voertuig vir hulle wag.

“In die een geval is ‘n rooi VW Polo gebruik en in die ander geval ‘n wit Audi A3. Die nommerplate van die voertuie was in albei gevalle vervals,” het hy bygevoeg.

Hy raai inwoners aan om paraat te wees en sover moontlik sekuriteitshekke en deure gesluit te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button