Die twee gevalle van gesinsgeweld het by 'n plot in Dancornia en 'n woning in Noordheuwel onderskeidelik op Vrydag- en Saterdagaand plaasgevind. Lêerfoto.
EPR Sekuriteit se nuutste misdaadverslag skep dalk die indruk dat die naweek stil was, maar Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het verduidelik dat hekmotordiefstal en gewapende roof bo aan die lys bly.
EPR se reaksie-offisiere het ook op twee gevalle van gesinsgeweld by ‘n plot in Dancornia en ‘n woning in Noordheuwel onderskeidelik op Vrydag- en Saterdagaand gereageer, en die polisie is in beide gevalle geskakel.
Van die ander insidente was ‘n poging tot huisbraak by ‘n kompleks in Noordheuwel, diefstal by ‘n winkel in Krugersdorp-Noord, en intimidasie by ‘n kompleks in Rangeview.
Krogh het gesê dat inwoners aangeraai word om seker te maak dat hul elektriese skuifhekke nie maklik van die glystaaf gelig kan word nie en dat hekmotors beveilig word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.