EPR het hulle misdaadverslag vir die tydperk van 23 tot 25 Oktober bekend gemaak, wat onthul het dat die sekuriteitsmaatskappy oor die naweek op agt voorvalle gereageer het.
EPR Sekuriteit se algemene bestuurder, Johan Krogh, het verduidelik dat daar die afgelope naweek baie brande opsetlik in veral die Tarlton-gebied gestig is.
“Die naweek is gekenmerk deur brande in die area. Verskeie opsetlike veldbrande is in Tarlton aangemeld. Die brande is gestig deur verskeie oproeriges en het derduisende rande se skade aangerig. ‘n Lapa in Silverfields het per ongeluk aan die brand geraak,” het Krogh gesê.
Reaksie-offisiere het ook gereageer op ‘n voorval van dieremishandeling nadat ‘n hond op ‘n sypaadjie in Chancliff geskiet is.
