CrimeNews

Reën jaag meer as net hitte weg, wys EPR se jongste misdaadverslag

Daar is twee insidente van gewapende roof oor die naweek aangemeld.

Toe EPR Sekuriteit die afgelope naweek se misdaadstatistiek gegee het, het Johan Krogh, die maatskappy se algemene bestuurder vertel dat die reën meer as net die droogte verjaag het.

“Die goeie reën wat die naweek oor Krugersdorp geval het was nie net ‘n welkom gesig ten opsigte van die hitte en droogte nie, maar het ook gehelp om misdaad in die area laag te hou,” het hy gesê.

Daar is ongelukkig steeds twee insidente van gewapende roof oor die naweek aangemeld. Een daarvan het by ‘n besigheid plaasgevind en een by ‘n privaatwoning in Silverfields.

Drie insidente van saakbeskadiging is aangemeld waar heinings en hekke beskadig is.

“Inwoners word weereens daaraan herinner om hul werkers daarop attent te maak om nie vir sommer enige persoon oop te maak nie, en te verseker dat alle hekke en deure gesluit bly,” het Johan bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button