Local newsNews

Bid vir ‘n beter Suid-Afrika

"Almal moet bid, maar nie net wag vir iets om te gebeur nie"

“Daar moet verandering kom in Suid-Afrika. Ons sê nee vir korrupsie, nee vir geweld teen vroue en kinders, en nee vir plaasmoorde,” so het dominee Jannie Pelser gesê terwyl hy ‘n plakkaat met ‘n boodskap teen korrupsie rondgeswaai het.

Hy het verduidelik dat die predikante van Mogale 4 Christ geassosieer is met die Move One Million-beweging en dat hulle deel gevorm het van die landswye massabeweging op Saterdag, 24 Oktober.

Elmaré Schutte hoop vir ‘n beter toekoms.

“Dit gaan oor reg en verkeerd, en nie oor kleur nie. Ons wil Suid-Afrika op ‘n pad na herstel sien,” het hy gesê terwyl hy verduidelik het dat hulle identifiseer met die boere en dit wat hulle moet deurmaak.

Hy het vertel dat Suid-Afrika in opstand is en dat Christene moet sê dat hulle genoeg gehad het, hulle moet die verandering wees wat hulle in die land wil sien. Almal moet bid, maar nie net wag vir iets om te gebeur nie – mense moet opstaan en gaan doen wat reg is. Hierdie verskil, het hy verduidelik, kan by jou eie huis begin.

Desiré van Rensburg wil verandering hê.

“Ons kan nie so ‘n wêreld vir ons kinders agterlaat nie; ons beywer ons vir ‘n gesonde land.”

Die groep het plakkate vertoon en dié wat verby gery het, het gretig hul toeters geblaas ter ondersteuning van die groep, terwyl Christopher Steyn op die ramshoring geblaas het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button