CrimeNews

Sewe insidente in Mogale oor naweek – EPR rig ook waarskuwing

Johan Krogh waarsku dat daar gevalle van huisbraak aangemeld is en dat inwoners bedag moet wees oor wat om hul aangaan.

Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het inwoners gewaarsku om paraat te wees nadat hul jongste misdaadverslag bekendgestel is.

Die sekuriteitsmaatskappy het van 13 tot 15 November op sewe insidente gereageer wat gewissel het van natuurskade en diefstal tot huisinbrake.

Op Vrydag, 13 November het hulle reageer nadat daar gevind is dat ‘n deur by ‘n skool nie gesluit was nie, en nadat ‘n heining deur natuurelemente beskadig is.

Op Saterdag, 14 November het hulle gehelp toe iemand personeel in ‘n winkel probeer intimideer het, asook op ‘n diefstalsaak waar ‘n motor uit ‘n parkeerarea in Monument gesteel is.

Twee huisinbrake en ‘n mediese oproep het hulle Sondag besig gehou. In die eerste insident wat in Noordheuwel plaasgevind het is ‘n skootrekenaar gesteel, en later is twee grassnyers uit ‘n skool se stoorkamer in Wentworth Park gesteel.

“Daar was ook deur die week ‘n huisroof in Noordheuwel. Inwoners word daarop attent gemaak om baie oplettend te wees wat betref die beweging van voertuie in hul straat, en veral baie bedag te wees wanneer hulle van hul wonings vertrek of daar aankom,” het Krogh gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button