Local newsNews

Help so Villa Gloria om ander te help

Sanna Posthumus wil graag die bejaardes en kinders in die Villa Gloria-kamp se Kersfees vir hulle spesiaal maak, maar sy het hulp nodig.

Almal verdien om ‘n lekker feestyd te geniet. Tog is daar dié in ons gemeenskap vir wie dit nie altyd moontlik kan wees nie.

Sanna Posthumus van Villa Gloria in Krugersdorp-Wes wil graag hierdie jaar vir elke kind en bejaarde in die kamp ‘n Kersgeskenk gee, maar sy vra die gemeenskap se hulp.

Sy en ‘n vriendin het vier jaar gelede begin om vir die kinders in die kamp ‘n Kerspartytjie te hou en Sanna het vertel dat hierdie jaar geen uitsondering sal wees nie.

Ek sal graag vir elke kind ‘n lekkergoedpakkie, koeldrank en ‘ geskenkie wil gee. Daar is 101 kinders in die kamp waarvan die jongste net vier weke oud is en die oudste 18 jaar is,” het sy gesê.

Die partytjie word beplan vir 22 Desember.

Vir die babas het sy gesê sal ‘n speeldingetjie of klerepakkie gepas wees, terwyl sy vir die ouer kinders dalk iets soos ‘n lekkerruikdingetjie of ‘n mooimaakitem voorstel.

Hulle het ook borge vir die lekkers en koeldrankpakkies nodig.

Sy wil ook graag vir die bejaardes in die kamp iets spesiaal doen vir Kersfees. Daar is 26 bejaardes tussen die ouderdom van 60 en 80, en Sanna wil graag vir hulle elkeen ‘n bederfpakkie gee.

Indien jy belangstel om vir ‘n kind of ‘n bejaarde ietsie te gee vir Kersfees, skakel gerus vir Sanna by 064 267 6764 om dit te reël.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button