Local newsNews

Mika is ons Oktober Solve It Squad-wenner

Die 11-jarige Mika Jordaan het die Solve It Squad-kompetisie vir Oktober gewen, asook die geheime prys.

Die Oktober-wenner van die News se Solve It Squad-kompetisie is die 11-jarige Mika Jordaan.

Mika het vertel dat sy daarvan hou om besig te bly, daarom was die Solve It-legkaarte vir haar baie lekker om te doen. Dit hou ook hierdie Laerskool Millenium-leerder se brein in topkondisie.

Sy het die geheime prys gewen wat propvol lekker dinge is wat vir Mika sommer lank sal besig hou. Daar is speelgoed, inkleurkryte, inkleurboeke, ‘n teddiebeer en nog legkaarte in die pakkie.

Al wat Mika moes doen is om haar ma te kry om ‘n foto van haar te neem terwyl sy ‘n legkaart op die Solve It-blad doen en dit dan te WhatsApp na 076 344 1550.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button