Local news

Van saadjie tot boom: Duncan kweek sy eie bos

Hekpoort-inwoner Duncan Hindle deel sy passie vir plantvoortplanting en moedig inwoners aan om meer inheemse bome te plant.

Vir Hekpoort-inwoner Duncan Hindle is elke boom ’n bewys van wat met ’n bietjie geduld uit ’n klein saadjie kan groei.

Duncan, ’n lid van die Wieg van die Mensdom-tak van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika, het die afgelope vyf jaar ’n passie vir plantvoortplanting ontwikkel. Hy versamel gereeld sade van bome wat hy teëkom en kweek dit self.

Duncan Hindle plant 'n boom. Foto: Heinrich Greyling

“As ek sommer verby ’n boom loop met sade aan, vat ek sommer ’n paar van die sade en groei dit.”

Volgens Duncan kan dit ongeveer twee jaar neem om ’n boom uit ’n saad te kweek, maar die wag is deel van die genot.

Hy glo hy het reeds meer as 100 bome geplant wat hy self uit sade gekweek het en moedig ander aan om dieselfde te doen – veral met inheemse bome.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button