CrimeNews

Huisbrake aan die toeneem, waarsku EPR

Van 'n gewapende roof tot diefstal en huisbrake. EPR maak sy jongste misdaadverslag bekend.

Ten spyte van die weer was dit ‘n besige naweek wat misdaad aanbetref in Mogale City.

So sê Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand nadat hul jongste volledige misdaadverslag vir die naweek van 27 tot 29 November bekendgestel is.

Hy het bygevoeg dat daar een gewapende roof by ‘n vulstasie aangemeld is, en dat kringtelevisie-beeldmateriaal by verskillende ondernemings die verdagtes kan verbind met nog ‘n gewapende roof wat ‘n uur vroeër in Randfontein gepleeg is.

Op Vrydag, 27 November, is daar drie gevalle aangemeld – een van betreding by ‘n besigheid in Azaadville, en twee diefstalle waarvan een by ‘n besigheid en een by ‘n privaatwoning plaasgevind het.

Net een geval is op die Saterdag, 28 November aangemeld en dit was ‘n huisbraak in Monument waar ‘n TV en juwele gesteel is.

Sondag, 29 November, was ‘n besiger dag vir EPR met vier gevalle wat aangemeld is, waaronder ‘n roof en twee huisbrake. Vier verdagtes waarvan twee gewapen was, het ‘n vulstasie in Krugersdorp-Noord beroof en weggekom met kontant en sigarette.

In Luipaardsvlei is daar by ‘n besigheid ingebreek en die boewe het weggekom met ‘n skootrekenaar, sigarette en kontant. Daar is ook by ‘n huis in Beckedan ingebreek en verskeie elektroniese toestelle is gesteel.

Krogh het gesê huisbrake is aan die toeneem en dat hulle inwoners aanraai om hul alarmsisteme na te gaan voor die Desember-vakansie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button