Local newsNews
Gesellige jaarafsluiting vir Moria-bejaardes
Resedentia Moria se bejaardes geniet min dinge soveel as lekker braaivleis en kuier in die koelte op die grasperk. So het hulle ook hul jaar by die tehuis afgesluit.
Die bejaardes van Residentia Moria is onlangs ordentlik bederf toe die Laerskool Muldersdrif-span by hul hek opgedaag het met ‘n verrassing.
Skoolhoof Herman Beyleveld en sy personeel het bakke jellie en roomys gebring vir die inwoners en ‘n rukkie saam gekuier.

Die inwoners is ook bederf met ‘n braai en geselligheid buite in die skadu tydens die tehuis se jaarlikse afsluitingsvieringe.
Ons het ‘n baie lekker braai gehou met wors en ‘n skaaptjoppie om die jaar op ‘n feestelike noot af te sluit,” het maatskaplike werker Heilie van der Merwe vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
