KYK: Versier jou eie Kersvader-kolwyntjie by die huis
Hoekom nie jou familie bederf met 'n tuisgemaakte Kersvader-kolwyntjie nie?
Is jy op soek na ‘n spesiale Kersgeskenk vir jou geliefdes diĆ© jaar?
Wel, hoekom gee jy nie vir hulle ‘n tuisgemaakte Kersvader-kolwyntjie nie?
Desire Smith van Dezi’s Royal Baking het gewys hoe jy ‘n vinnige maar spesiale Kersversiering vir jou tuisgebakte kolwyntjies kan maak.

Dezi het so ‘n paar jaar gelede ‘n boek gelees oor hoe om troukoeke te versier en het van daar af vir haar vriende en familie begin koeke versier. Sy het later agtergekom dat sy ‘n besigheid van haar stokperdjie kon maak en het begin koeke op bestelling bak.
Vandag is die koeke wat Dezi bak baie gesog.

Sy maak haar versiering met marzipan en vertel dat al die bestanddele plaaslik verkrygbaar is.
Kyk hier onder hoe jy jou eie Kersvader-kolwyntjie kan maak.
