NewsSchools

Te bly om weer by die skool te wees

Laerskool Krugersdorp-Noord het op Maandag, 15 Februarie die helfte van hul leerders terugverwelkom by die skool.

Na ‘n ellelange vakansie was daar nie een Noordskool-onderwyser, -leerder of hul ouers wat nie bly was dat die eerste skooldag uiteindelik aangebreek het nie.

Alhoewel daar hier en daar leerders was wat onseker en hartseer was, veral van die heel kleintjies, was alles gou vergete nadat hulle afskeid geneem het en by die skoolhek ingestap het. Leerders is na hul nuwe klasse toe waar hulle hul nuwe onderwysers beter leer ken het, en nuwe maats begin maak het.

Markus Bouwer haal sy boeke uit vir sy eerste klas. Foto: Jaco Human.

Noordskool se Graad 1’s het reeds in Desember vir ‘n dag lank die skool saam met hul ouers gaan verken, gevolglik was hulle op hul gemak toe hulle op die eerste skooldag op Maandag, 15 Februarie in hul nuwe klaskamers begin skoolgaan het.

Marco Cilliers speel buite op sy eerste skooldag. Foto: Jaco Human.

Charles Miller, Laerskool Krugersdorp-Noord se hoof het verduidelik, “Leerders is in twee groepe per klas verdeel, en kom elke tweede dag skool toe. Die resultaat is ‘n maksimum van 10 tot 16 leerders per klas.

Met die aangepaste leerplanne sal ons die kurrikulum voltooi. Noordskool stap natuurlik altyd die ekstra myl om te sorg dat daar ekstra werk vir verryking en remediëring sal wees.”

Lolana de Bruyn is gereed om Noordskool die jaar aan te pak. Foto: Jaco Human.

Soos verlede jaar sal die laer grade in een klas bly terwyl die onderwysers elke periode klasse wissel, en die senior laerskoolleerders sal soos gewoonlik klasse wissel.

Markus Joubert maak seker sy hande is mooi skoon vir klas. Foto: Jaco Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button