NewsSchools

‘My eerste tas, my eerste klas, my eerste dag’ – Mullies Graad 1’s

Die nuwe groep Graad 1's van Laerskool Muldersdrif was opgewonde op hul eerste amptelike skooldag.

As daar enige vrese by die nuwe Graad 1’s by Laerskool Muldersdrif was, is dit vinnig uit die weg geruim toe die vriendelike personeel die ouers en kinders op die eerste amptelike dag van die nuwe skooljaar verwelkom het.

‘n Nuwe graadeentjie op pad om met sy eerste dag van grootskool te begin.

“My eerste tas, my eerste klas, my eerste dag! Ons gaan leer om te tel, ons gaan leer om te lees en ons gaan leer om niks te vrees!,” het die skool op hul Facebook-blad gesê toe die Graad 1’s op 15 Februarie vir die eerste keer grootskool toe is.

Hulle het ook die nuwe Graad 1’s verwelkom as nie net ‘n nuwe maatjie nie maar ook sommer as ‘n nuwe Mullie.

Die Graad 7’s het die ouers en nuwe Graad 1’s verwelkom. Van links is Madelein Visser, Bea Kotze, Jacques Wolfaardt (onderhoofseun), Deoné Mouton (hoofdogter), Hanro Keulder (hoofseun) Zanri Dicks (onderhoofdogter), Marnu Bouwer en Duwan Weideman. Foto ingestuur.

“Mag julle niks vrees in 2021 nie en mag elke dag by Mullies net ‘n fees wees!” het die skool op sosiale media gesê.

Juffrou Carike Durand saam met Reuben Maasberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button