Die Kennies Graad 7's is gereed om nommer een te wees hierdie jaar. Foto: Jaco Human.
Kennies ken nie van stilsit nie.
Teen 8vm op Maandag, 15 Februarie, die eerste amptelike dag van die nuwe skooljaar, was al die leerders reeds in hul onderskeie klasse, hard besig met hul eerste les.
Milé Meyer baljaar op die speelgrond saam met haar maats. Foto: Jaco Human.
Die skooldag het al vroeg begin toe die Graad 1’s die Kennies-klok by die hoofhek gelui het net nadat hulle deur die hek ingestap het.
Die ander leerders het kort daarna opgedaag. Die normale Covid-19 sifting is gedoen en toe kon hulle hul maats voor die klaskamers te sien kry.
Mason Vermooten kon nie wag om te gaan speel nie. Foto: Jaco Human.
Wouter Immelman, Laerskool Kenmare se hoof het verduidelik, “Ons het vir 2021 enkelbanke vir elke leerder aangekoop. Dit maak dit nog veiliger vir leerders om tydens klastyd die voorgeskrewe persoonlike afstand te handhaaf.
“Ons glo dat ons kinders beslis baie veilig sal wees, aangesien daar ‘n moniteringsisteem is waarvolgens hul optrede daagliks gemonitor word en ingryping plaasvind wanneer daar van voorgeskrewe regulasies afgewyk word.”
Diané Coetzee is reg vir haar eerste skooldag. Foto: Jaco Human.
Charles Marais is reg vir klas. Foto: Jaco Human.
Marizelle Welthagen en Gemma Otto is reg om die skooljaar aan te pak. Foto: Jaco Human.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.