NewsSchools

Blink oë, swaar tasse vir Ebies Graad 1’s op eerste skooldag

Renier du Preez, die skoolhoof, het die News met trots begelei na die klas waar die eerste groep nuwe Graad 1's reeds op hul eerste dag besig was om te leer.

Swaar tasse en blink oë. Dit was die prentjie toe mens op Maandag, 15 Februarie by Laerskool Ebenhaeser instap.

Dit het op die stoepe gegons van opwinding omdat die leerders uiteindelik kon terugkeer skool toe, en ook omdat daar ‘n groot groep nuwe gesiggies bygekom het.

Fransicka van Niekerk.

Renier du Preez, die skoolhoof, het die News met trots begelei na die klas waar die eerste groep nuwe Graad 1’s reeds op hul eerste dag besig was om te leer. Dié skool het besluit om hul Graad 1’s in twee groepe dié dag te laat skool toe kom.

Renier het verduidelik dat dit met die Covid-19 maatreëls beter werk, en omdat die kleintjies nog almal nuut is by die ‘grootskool’ is ‘n hele dag daar veels te lank so op die eerste dag.

Palesa Moketa.

Terwyl Groep A se leerders hul nuwe tasse gepak het om huis toe te gaan, het die ouers en nuwe Graad 1’s van Groep B reeds buite gewag tot dit hul beurt was om hul nuwe onderwysers en maatjies te leer ken.

Sterkte aan al die Graad 1’s.

André Grib.
Charlene Oosthuizen.
Elisa Radebe.
Jason Mac Gregor.
Leandra Grot John
Dewlin Haman.
Dominique van Wyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button